Braaf staan jy voor ñ golf en kyk,
Jy’s in die vlak water, want jy’s nog klein,
Jy was net-nou nog bang gewees,
En nou kom die water al tot by jou knieë.
As jy een golf moedig trotseer,
Wag jy dieper vir ń groter een,
En as hy jou dan amper omslaan,
Hardloop jy vinnig na die sagte strand.
Jy gaan nie lank hier bly nie,
Die blou see roep jou altyd dieper,
Spoedig gaan jy terug keer,
En groter golwe trotseer.
Maar besef jy, as jy so lekker kry,
Die die diep blou see jou nog sal onder kry?
Dat die water waar jy so lekker speel,
Diep, en rof, en koud kan wees?
Ek sê dit nie om jou af te skrik nie,
Ek wil hê dat jy moet verder speel,
Want die brawe jy het sterk geword,
Die brawe jy, het ek geword.
En nou staan ek voor ñ golf en kyk,
Dieper as waar ek gister was,
Ek onthou daar is ñ sagte strand,
Maar die blou see roep my altyd dieper.
Jy het geweet om nie te veel te dink nie,
Om net in te spring en nat te word,
ñ Avontuur gesien en na gevolg,
So, het jy tot hier gekom.
Ek wil daai groter golwe ry,
Die mooi agter daai golwe kry,
Is jy nog êrens binne my,
Die jonger ek; die brawer jy?
🌧
🚶🏼♂️