God sing

God het begin sing.

Dis Sy stem wat lewe bring.

Dit was Sy passie in ons asem,

Die oerknal in ń orgasme.

Ons gene dra die bladmusiek,

Wat komponeer aan ń simfonie,

Wat niemand nog kan uitdink nie,

En nêrens nog gehoor is nie.

Dromme dreun ń heelal deur,

Wat ritme aan Sy bouwerk gee,

Honderd-een-en-sewentig slae per minuut,

Is die tempo van ń nuwe lied.

Jy’s ń onderbreking in ons dans;

ń Verlengde noot wat saggies raas,

En opbou, wyl ons in afwagting is,

Oor hoe jy gaan klink as jy jou asem vind.

Dit maak nie saak of ons gereed was nie,

En of ons jou beplan het nie.

Ons is die instrumente waarop Hy nou wou speel,

Om nuwe musiek aan die wêreld te gee.

My kind, daar is net een ding wat ek jou wil leer,

En dis om Sy liefdes-lied tussen die geraas te hoor.

En die enigste ding wat Hy begeer,

Is dat jy leer om saam met Hom te sing.

🌧

🚶🏼‍♂️

Published by Reënloper

Songwriter | Health Care Worker | Wanna-be Adventurer | Blogger

Leave a Reply

Discover more from Reënloper

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading