Waarom al die pyn en lyding?
Waarom red God ons nie van hierdie verdrukking?
Waarom sterf ń kind aan kanker?
En betaal ek soveel belasting?
Waarom is daar nie kos nie en
waarom gee niemand om nie?
Waarom is daar nie room op,
die koek wat so lank gevat het om te kom nie?
Het al die waaroms uitgekom,
daar bo waar Iemand sou luister?
Want deur al die eeue heen,
Het generasies dit moedeloos gefluister.
Van begin tot einde eggo dit,
Die wat gevra is en die wat nog gaan kom.
En toe verskyn Jy in die middel,
Met al die waaroms, opgesom.
Waarom kom en sterf Jy,
Want ons het so lank gewag?
Waarom bly ons vas gekeer,
in die lang en donker nag?
Toe hou almal skielik hulle asem op,
Almal wat was en almal wat gaan kom,
Want Jy blaas jou laaste asem uit,
Toe Jy die ‘waarom’ van alle ‘waaroms’ vra.
En nou hoef niemand wat Jou gehoor het,
dit ooit weer te vra nie,
want ons waaroms het in Jou liggaam gesterf,
nou, dat God ons nooit sal verlaat nie.
🌧
🚶🏼♂
️