Geplant in ń tuin
Gebaar in die grond
Veilig geslaap
In die Moeder se grot
In geblaas en uit ge-asem
Saam gewees en saam gewerk
Gesondig en geban
Want ń held kort ń vyand
Gebloei by die ‘verlossing’
Geskree by die gelag
Met ń letsel wat herinner
Aan dit waarna ons smag
ñ Bevalling uit die hemel
ñ Geboorte vir die graf
Opgeneem, lewenslank
Sonder ń ontslag
ñ Terminale siekte
Afgesny, geskei
Die laaste diagnose
Wat ons almal aan moet ly
Die pyn is van die groei
Maar swaarkry kweek weer hoop
ń Held wat bloei en sterf
Rol die grot se deur weer oop
Die lewe is die wond
Los gesny van God
Die lewe is die wond
En die dood maak weer gesond
🌧
🚶🏼