Oorvloed of Genoeg?

‘Mag die Here die sluise oop maak en ons kerk seën’

 Kerklede verdien ń totaal van $42 trillion per jaar

‘Ek het nog nooit my tiende vir die Kerk gegee sonder om terug te ontvang nie’

  Daardie kerklede gee 1,67% daarvan aan die Kerk

‘Geniet die tyd saam met jul familie in hierdie Kersseisoen’

   Dit is $700 biljoen – dieselfde hoeveelheid wat aan kersfees jaarliks spandeer word in VSA

‘Die Here het voorsien in ons projek om ń nuwe kerk gebou op te rig’

    6,4% daarvan gaan na sendingwerk

‘Ons sê dankie Here vir die twee nuwe skerms’

     96% hiervan gaan aan die pastorale bediening

‘Ons sê dankie God vir die nuwe stoele en vloere’

      2,9% gaan aan tuis sending

‘Ek voel mens kan nie sending werk gaan doen as jy nie duidelik geroep is nie’

       Dus bereik 0,001% van die Kerk die onbereiktes

‘Ek het die Naam van Jesus Christus oor-en-oor belei totdat ek die werk gekry het’

        Sowat 2,84 billion mense het nog nie die Naam van Jesus Christus gehoor nie

‘Belê saam met ons in die werk van die Here om uit te ruik na die haweloses in die stad’

         90% van Suid Afrikaners verdien minder as R7000 per maand

‘ń Visioen van Jesus het my beveel om ń kerk op te rig in die middestad’

          Al die onbereikte volke kan bereik word as christene 0,03% van hul inkomste gee

‘God wil hê dat ons die lewe ook geniet’

           Die hoeveelheid geld wat onbereiktes bereik is dieselfde as wat VSA spandeer op troeteldiere vir halloween

‘Vertrou God vir daardie ses getal pay-tjek’

             40% van die wêreld leef op minder as $1,40

Hierdie is nie gebaseer op enige spesifieke kerk of mens nie, eerder die Wêreldwye Kerk

Statistieke is meestal gebasseer op Amerikaanse data

Verwysings:

MESSAGEMINISTRIES.ORG.

Incontextinternational.

MINDTHEGAP,UCT.

Published by Reënloper

Songwriter | Health Care Worker | Wanna-be Adventurer | Blogger

2 thoughts on “Oorvloed of Genoeg?

  1. Goed geskryf Reënloper.
    Dit is nogal ‘n bekommernis vir my dat ons eintlik maar net die kerk vir onself aan die gang hou,en dat daar nie baie uitgereik word nie.
    Maar daar is tog baie skenking geleenthede wat tevore gesit word deur die kerk en wat deur die kerk moontlik gemaak word.
    Daar is self ñ gemeentelid wat ñ shelter bewoner ingeneem het in hulle huis in.ek het ook direk vir die persoon betaal vir spraak terapie.daar is baie sukses gevalle ook.en alles omdat ons deur die kerk gemeente daardie lyding en geleentheid ontvang.
    My werknemer by my besigheid ontvang ook nou al meer as R7000 rand waar hy geen werk gehad het nie.
    Statistieke is maar tough,hulle sê die afrika of derde wêreld lande betaal net soveel skuld aan VSA terug as wat hulle in skenkings ontvang.dit is ernstige goed.

    maar laat ons nooit hoop verloor nie.dit is ñ lewe lange oorlog en bakleiery wat ons aangeneem het…

    1. Ek hoop dat meer mense se harte oop sal gaan soos daardie paar wat alreeds sulke goeie werk doen. Dan kan die Kerk se hulpbronne dalk meer oorskuif van onsself na Jesus toe. Net ń klein skuif kan alreeds ń groot impak hê.

Leave a Reply

Discover more from Reënloper

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading