Reënloper

Reënloper – ń dissipel, maak nie saak hoe die weer lyk nie…

Kies om te stap waar niemand anders stap nie…

Hy bly naby aan die donderweer,

Hy verdwaal eerder – weer en weer.

 

Stort sy lewe oral uit,

Sy voetspoor in die modder bly.

Kies om buite vuil te raak,

Kies dat reën hom skoon moet maak.

 

Hy gaan nie waar die klokke lui nie,

Hy gaan nie in hul ritme bly nie.

Reënloper los die kerk-lawaai,

Hy gaan eerder waar die Wind hom waai.

Published by Reënloper

Songwriter | Health Care Worker | Wanna-be Adventurer | Blogger

4 thoughts on “Reënloper

  1. Great! Ek hou van die term ‘verdwaal eerder,weer en weer’ want dit is wat Christenskap beteken.om nie by ‘normale’ besitting en media gedrewe lewe gewoond te word nie,maar eerder die moeilike waardevolle persoonlike lewe te jaag nê?

    1. Dis reg. ‘Verdwaal’ is tien-teen-een die laaste ding wat kerkleiers voor streef vir sy lede, maar ek’s seker die kerkleiers in Jesus se tyd het gedink Hy is verdwaal, en ek ontmoet al hoe meer mense wat nie meer bang is om te ‘verdwaal’ nie – intellektueel, teologies, spiritueel, polities, persoonlik, of hoe ook al nodig is om uit te kom by Jesus se voetspore. Hulle steur hulle nie aan elke geblaf op TV of nuwe guur nie. Hulle is te besig om die wêreld bietjie vir bietjie te verander. Hulle is te hard op soek na die fluistering van die Gees. Hulle is daar waar min dit waag. En meeste van die tyd weet hulle nog nie eers van mekaar nie. Ek noem hulle reënlopers…

  2. Great! Ek hou van die term ‘verdwaal eerder,weer en weer’ want dit is wat Christenskap beteken.om nie by ‘normale’ besitting en media gedrewe lewe gewoond te word nie,maar eerder die moeilike waardevolle persoonlike lewe te jaag nê?

Leave a Reply

Discover more from Reënloper

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading